Ligte Vrugtekoek

Week oornag: 4 k vrugtekoekmengsel, 1 pakkie dadels, gesny, 1 k gekapte cherries, 1 k maketaanstukkies en 1 k groenvyestukkies in 1/2 k brandewyn en 1/2 k soetwyn.  Vlg ogg.   Oond 160 gr C.   Voer en smeer een groot koekpan.  Klits 1 k sagte margarine, 1 k suiker en 4 eiers. Roer 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier en 1/2 t sout by. Roer vrugte by en 1/2 t lemoen- en 1/2 t suurlemoen essens by.  Skep in koekpan. Bak vir 2 ure tot gaar. Toets met toetspen. Keer uit op draadrakkie. Gooi bietjie soet/brandewyn oor. Koel heeltemal af. Plaas in tinfoelie, gooi nog soetwyn/brandewyn oor en maak deeglik toe. Pak in blik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos