Ligte vrugtekoek

Week vrugte oornag: 4 k vrugtekoekmengsel, 1 pakkie dadels, fyner gekap, rooi en groen cherries,maketaan stukkies, groenvye stukkies, gemengde skil in groot mengbak en gooi halwe k brandewyn en halwe k soetwyn oor. ook stroop van maketaan en groenvye. Vlg ogg: oond 180 gr C.  Klits saam: 1 k sagte margarine, 1 k suiker, 4 eiers en 1 t lemoen- en 1 t suurlemoen geursel. Voeg by: 2 k koekmeel, 3 t bakpoeier, halwe t sout. Voeg geweekte vrugte by en verdeel in 2 kleiner gesmeerde, gevoerde panne of 1 groot gevoerde, gesmeerde koekpan. Bak 60 minute tot gaar.  Keer uit, gooi dadelik brandewyn oor, en as afgekoel, draai koek om en gooi nog brandewyn of soetwyn oor. Draai toe in foelie en gooi van tyd tot tyd brandewyn of soetwyn oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos