Maalvleis Rolle

Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte greenpepper in bietjie olie.  Roer 250 gr maalvleis by. Braai deur en roer 1 E elk blatjang en tamatiesousby. Sprinkel geurssoute by soos verkies. Roerbraai tot vleis droog is, nie souserig nie. Koel heeltemal af.   Skakel oond op 180 gr C.   Rol een rol blaardeeg oop en sprinkel halwe koppie gerasperde kaas oor deeg. Skep vleismengsel bo-oor en smeer gelyk. Sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor. Los ‘n randjie rondom oop.  Smeer met water en rol versigtig op in rol.   Sny met skerp broodmes in plat skywe en pak op gesmeerde bakplaat.  Bak 30-40 minute tot goudbruin.     Geniet vir ete met slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos