Maanlig Tert

Oond 180 gr C.  Vryf 125 g margarine in 1 en halwe k bruismeel, kwart t sout en halwe k suiker. Maak aan met 1 geklitste eier en 1 E melk. Dis ‘n natterige deeg. Druk in gesmeerde plat bak. Druk gaatjies in en bak vir 10 minute. Haal uit en smeer fyn appelkooskonfyt oor kors.  Meng volgende saam vir vulsel; 1 k suiker, 1 E sagte margarine en 2 eiers, knippie sout. Klits saam. Voeg 1 k klapper, halwe t amandelgeursel en 1 t karamelgeursel by. Skep mengsel in kors.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos