Tot Sy eer.
Search

Maaskaas Koek

Oond 180 gr C.  Voer en smeer ‘n ronde koekpan. Klits 4 groot eiers goed, voeg 375 ml strooisuiker lepel vir lepel by. Klits tot mengsel liggeel en dik is. Voeg 125 ml sonneblom/canola olie in dun straaltjie by terwyl jy klits. Klits nou 1 houer gladde maaskaas en 5 ml vanillageursel by. Sif 500 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier en 2 ml sout. Vou droë bestandele by eiermengsel in. Skep in  pan.  Bak vir 40-50 minute tot gaar. Toets met toetspen.  Koel 10 minute af in pan. Keer versigtig uit op draadrakkie. Versier met botterversiersel soos verkies. Bedien met bessies van jou keuse.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos