Tot Sy eer.
Search

Macaroni Blomkool-Kaas

Kook halwe pak macaroni, dreineer en hou eenkant. Kook 1 medium blomkool, in blommetjies gebreek, vir 3 minute, dreineer en hou eenkant.      Maak  kaas witsous; In kastrol: 2 en halwe k melk, 2 hoogvol E koekmeel, 2 E botter en sout en peper. Roer op medium hitte, met draadklitser tot sous begin verdik en kook vir 1 minuut, Haal van stoof af en roer halwe k gerasperde cheddar kaas by tot gesmelt.  Hou eenkant. Braai 1 gekapte ui in olie tot sag en voeg 1 blikkie gedreineerde sampioene by. Roer by macaroni en helfte van kaassous. Skep onder-in diep oondbak. Pak blomkool bo-op en skep orige kaassous bo-oor. Sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor en bak vir 40 minute by 180 gr C.   Jy kan ook 1 k broodkrummels met kaas meng en bo-oor gooi.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos