Macoroni en Kaas [basiese resep]

Oond 180. Kook 2 koppie rou macoroni in soutwater, net sag en dreineer.  Skep in oondbak. Roer 1 k gerasperde cheddarkaas by.  Klits 4 eiers en 3 k melk en knippie sout en 1 t mosterdpoeier. Gooi oor macoroni en kaas. Sprinkel 1 k vars broodkrummels bo-oor en nog kaas as verkies.  Sit klontjies botter bo-op. Bak 30 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos