Macoroni en Kaas

Oond 180 gr C. Braai 1 pak gekapte spek, 1 gekapte ui en 2 gekape knoffelhuisies. Roer by 1 pak gekookte, gedreineerde macoroni en ook 2 k gerasperde kaas. Skep in diep oondbak. Klits saam in groot beker: 250 houer room, 3 k melk, 4 eiers en meng 1 pak wit uie soppoeier by tot alle klonte uit is. Roer by macoroni mengsel en strooi nog kaas bo-oor. Bak vir 45 minute tot gaar en bruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos