Maizena Souskluitjies

Kook 3 k melk, halwe t sout, 4 E suiker en 2 hoogvol E botter. Meng in beker: 8 E maizena en 2 eiergele en roer by melkmengsel terwyl jy met draadklitser roer. Roer tot dik en gaar. Klits 2 eiergele styf en vou in papmengsel. Skep lepels vol in bak waarin kaneelsuiker gestrooi is. Sprinkel oor al die kluitjies. Stip met bietjie botter en hou louwarm. Bedien met vanilla roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos