Maklike Aartappel Gebak

Oond 180 gr C.   Kook 6 groot aartappels tot halfgaar. Koel af en trek skille af.   Sny in skywe. Pak helfte van aartappels in oondbak. Braai 1 groot gekapte ui en 2 gekapte knoffelhuisies liggies. Gooi bo-oor aartappels. Sprinklel liggies sout oor.  Pak orige aartappels bo-op. Sprinkel liggies met sout.  Meng 1 pakkie sampioen soppoeier met 1 k room/melk en 1 k water.  Sprinkel gerasperde kaas bo-oor aartappels en gooi sopmengsel bo-oor.   Bak tot goudbruin. Omtrent 1 uur.   Bedien met gebakte vis

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos