Tot Sy eer.
Search

Maklike gesonde beskuit

Oond 180 gr C. Klits 500 ml karringmelk, 250 ml olie en 1 groot eier saam in beker. Meng in mengbak die droë bestandele: 1 kg bruismeel, 250 ml suiker, 5 ml sout, 500 ml fyngerolde All Bran, 250 ml pampoensaad, 250 ml sultanas of bosbessies, 250 ml neute, gekap. Roer nat bestandele by. As deeg te droog is, voeg nog bietjie melk by. Druk deeg in gesmeerde oondpan. Merk met skerp messie in blokkie af. Bak 30-40 minute tot gaar. Keer uit op draadrakkie. Koel heeltemal af en sny in blokkies. Droog oornag uit in oond van 100 gr C. Sit houtlepel in deur.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos