Tot Sy eer.
Search

Maklike Mikrogolf Melkkos

1 Liter Melk, 180 ml koekmeel, 2 ml sout, 15 ml botter of margarien,kaneelsuiker. Mikrogolf die melk ongeveer 10 min. oop in ‘n 2 liter-bak by 100% krag tot kookpunt. Meng die koekmeel en sout. Frummel die botter daarin. Voeg die meelmengsel alles tegelyk by die kookmelk en roer dit met ‘n draadklopper totdat klein klontjies gevorm het. Mikrogolf die melkkos ongeveer 4 min. oop by 100% krag tot gaar en roer dit af en toe. Sit warm voor met kaneelsuiker.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos