Maklike Mosbeskuit

In Mengbak:  7 k koekmeel, 200 ml suiker, 3 t anyssaad, 1 pakkie kitsgis en 1 t sout.      Smelt 100 gr margarine in 250 ml wit druiwesap op sagte hitte. Dit moenie kook nie.  Laat afkoel. Meng 250 ml louwarm water en 125 ml louwarm melk. Voeg al die vloeistowwe by meel en meng tot sagte deeg. Knie vir 10 minute. Bedek deeg met skoon doek.  Laat rys dubbel op lou plek.  Knie af en maak bolletjies en plaas in goed gesmeerde medium oondpanne.  Bedek met skoon doek en laat rys dubbel. Oond 180 gr C.  Bak 40-50 minute tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos