Maklike Pasta Slaai

Kook 500 gr pak pasta, net sag, in soutwater en dreineer.  Voeg by: 1 gekapte ui, 1 gekapte groen soetrissie, dreineerde blikkie pynappelstukkies of perske skyfies en gooi vlg sous oor:… Meng saam:  1/2 k tamatiesous, 1 t kerriepoeier, 1/4 k blatjang, 1/2 k canola olie, 2 E bruin asyn, 1/2 k suiker en 1/2 t sout. Voeg by pasta en meng deur.  As te droog, voeg van stroop van gedreineerde vrugte by.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos