Maklike Patei / Tertjiedeeg

Sif 3 k koekmeel en 1 t sout saam. Rasper 250 ml yskoue botter/margarine by. Vryf in met vingerpunte. Voeg 60 ml yskoue water by en roer met vurk bymekaar. Moenie baie hanteer. Druk liggies bymekaar en draai toe in kleefpapier en plaas in yskas oornag. Rol uit, druk sirkels af en plaas vleisvulsel of appelkooskonfyt op degie. Smeer water met vingerpunt aan een kant en druk toe. Smeer geklitste eier en melk bo-oor en bak by 200 gr C, tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos