Maklike Sjokolade Karamel Poeding

Oond 180 gr C.  Klits saam: 2 eiers, 60 gr gesmelte margarine en 125 ml sonneblom-olie vir 2 minute. Voeg 125 ml melk by en klits nog 1 minuut.  Voeg by: 1 sjokolade brownie-boksmengsel by en ook sjokolade splinters.. [ingevoeg in box]  vou versigtig in.  Sny 1 boksie ]150 gr] karamel-toffies in kleiner stukkies. Skep helfte van deeg in bakskottel en strooi dan toffies oor en skep dan res van deeg bo-oor. Bak moet diep wees..Deeg rys hoog uit. Bak vir 30-40 minute.  Bedien met vanilla roomys of karamel-sous.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos