Tot Sy eer.
Search

Maklike Sjokoladekoke. [eierloos]

Oond 180 gr C.    1-   Klits saam: 125 ml gesmelte margarine, 15 ml wit asyn, 2 t vanillageursel en 250 ml warm water.   2-.  Sif saam:  750 ml bruismeel, 5 ml koeksoda, halwe t sout, 80 ml kakaopoeier. Voeg 375 ml suiker by.   3-. Roer vloeibare mengsel by gesifte mengsel en klop liggies tot gemeng. Skep in 1 groot of twee kleiner gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak vir 30-40 min tot gaar.  Laat 5 minute in panne afkoel en keer dan versigtig uit op draadrakkie. Laat heeltemal afkoel en versier met sjokolade versiersel of karamel-kondensmelk.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos