Maltabella Beskuit

Oond 180 gr C.   In deegskottel:   500 ml maltabella meel,    750 ml bruismeel, 500 ml semels, 500 ml suiker, 1 t sout, 2 t kremetart en 1 t koeksoda. Gooi sade by as jy wil. [sonneblom, pampoen sade]  Smelt 350 gr margarine en roer 750 ml karringmelk by. Maak deeg aan en druk in 2 gesmeerde, panne. Merk af in blokkies. Bak 1 uur tot gaar. Breek in stukke en droog uit.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos