Malva Poeding

Oond 180 gr C.  Alles in mengbak: 1 k suiker, 1 E hoogvol sagte margarine, 1 eier, 1 E appelkooskonfyt, 1 t asyn, 1 k bruismeel, halwe t koeksoda en kwart t sout. Klits saam en gooi in glas poeding oondbak. Bak vir 30 minute. Gooi vlg sous oor as poeding uit oond kom.  Sous: In kastrol: 1 k room, halwe k suiker en halwe k kookwater en knippie sout. Kook deur en gooi oor poeding. Eet met baie dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos