Malvalekkers

Klits 1 eierwit en 2 en half k suiker tot dik. Meng 8 t gelatien en 1 en halwe k sterk warm water, roer tot opgelos. Voeg gelatien in dun straaltjie by eierwitmengsel terwyl jy klits. Klits vir 15 minute teen hoë spoed. Meng paar druppels kleursel van jou keuse by. Gooi in gesmeerde vierkantige bakke. Stol en sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos