Mango Konfyt Mikrogolfoond

Plaas 1 kg mangostukkies en 1/4 t sout in ‘n groot glasbak en sprinkel 40 ml suurlemoensap oor.  Mikrogolf vir 8 minute op hoog.    Voeg 3/4 kg suiker by en roer tot opgelos. Plaas weer in mikrogolf oond op 100 persent krag en kook vir 20-30 minute. Roer af en toe. Pasop vir brand. Glasbak word baie warm.  Skep in gesteriliseerde bottels en skroef toe.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos