Marmite-Kaas Wiele

Rol 1 rol skilferkorsdeeg,[ontvries] oop, op liggies meelbestrooide oppervlak. Verhit 1 klein bottel marmite in mikrogolfoond en smeer oor deeg.  Sprinkel 1 k gerasperde cheddar kaas oor en rol versigtig op.Draai toe met kleefpapier en plaas vir ‘n half uur in vrieskas.  Stel oond op 200 gr C.  Sny deeg met broodmes in wiele en plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat. Bak 20 min tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos