Marshmallow Fudge

Voer rolkoekpan met foelie uit en smeer of spuit. Verhit vlg bestandele in dikboom kastrol: 125 gr botter, 375 ml suiker, driekwart k room en knippie sout. Kook vir 4 minute, roer aanhoudend. Verlaag hitte en kook saggies vir 10 minute. Haal van stoof af en roer 14 gekapte marshmallowe, 50 gr donker sjokolade en 1 t vanilla by. Roer tot mengsel dik raak. Gooi in rolkoek pan en laat vir 4 ure staan. Lig foelie uit pan en sny fudge in blokkies

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos