Mayonaise Sjokolade Koek

Oond 180 gr C.   Sif saam in mengbak: 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 1 t koeksoda 160 ml kakaopoeier en 1/4 t sout .   Klits saam: 3 groot eiers, 375 ml suiker en 1 t vanilla.  Voeg 2 E mayonaise by en klits deur. Roer by droë bestandele, roer 330 ml water by.  Deel deeg in 2 gevoerde gesmeerde koekpanne en bak 30-35 minute tot gaar.   Keer uit op draadrakkie. As koud, versier met caramel kondensmelk.                 Gewone versiersel:  Klits tot sag en romerig:  80 ml kakaopoeier, 375 ml versiersuiker, 100 gr sagte margarine, 1 t vanillageurse,knippie sout en 1-2 E warm water.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos