Mayonnaise Hoender

Oond 180 gr C.   Pak 12 stukke rou hoender in oondbak met deksel, geur liggies. Maak 1 pakkie sampioen soppoeier aan met 1 k warm water. [klits al die klonte uit] Meng 1 k mayonnaise met halwe k sterk chutney by soppoeier. Gooi bo-oor hoender, sit deksel op en bak vir 1 uur met deksel. Maak oop en bak verder vir 15 minute. Bedien met rys en slaaie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos