Mielie en Ham Poffers

Klits 3 eiers en voeg 1 blikkie, heel mielies, gedreineer, by. Voeg dan 125 ml bruismeel en kwart t sout by. Roer 1 k gekapte, gaar ham of gebraaide bacon stukkies by. Kap ook paar gras uie-stingels fyner en voeg by, as jy wil. Meng deur en bak eetlepels-vol in vlak, medium warm olie, [soos pampoenkoekies]. As goudbruin en gaar, skep uit en plaas op kombuispapier.  Bedien met ligte slaai. Dit is ook ideaal vir kosblikke.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos