Tot Sy eer.
Search

MIELIEBROOD-MIKROGOLF

4 Eiers, 125ml suiker, 25ml meelblom (of bruismeel),sout, 30ml olie, 125ml melk, 250ml mieliemeel, 7ml bakpoeier, 1 blik geroomde mielies.  Voeg al die vloeibare bestanddele bymekaar en roer deeglik.  Voeg dan die suiker by en roer.  Daarna word die mieliemeel en meelblom, bakpoeier en sout bygevoeg. Heel laaste word die mielies bygevoeg. Roer deeglik deur en gooi in n gesmeerde broodpan. Mikrogolf vir 15 min teen 75% krag. Mikrogolf daarna vir 3 min teen 100% krag. Gooi uit en bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos