Mikrogolf Cherry Fudge

In groot mikrogolf bak ; 100 gr margarine, 1 blik kondensmelk, 2 k suiker en 1/4 t sout.  Mikrogolf op hoog vir 2 minute.  Roer goed deur met houtlepel. Mikrogolf nog op hoog vir 10 minute. Roer elke 2 minute. Haal versigtig uit en klop 1 t vanillageursel by.  Roer 125 ml gekapte cherries by.   Gooi mengsel uit in gevoerde, gesmeerde pannetjie. Koel af. Keer uit op broodplank. Trek papier af en sny versigtig in blokkies.  Koel heeltemal af.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos