Mikrogolf Melktert [foto geleen]

Meng vlg saam in glasbak: 1 blikkie kondensmelk, 1 blikkie melk, 2 blikkies warm water, 2 E botter, 4 eiers, 1 t vanillageursel en ‘n knippie sout. Klits deur en mikrogolf vir 7 minute op hoog. Haal uit en klits deur.  Mikrogolf vir 5 min. Haal uit en klits deur en mikrogolf vir 3 minute. Klits weer deur. Pak tenniskoekies onder-in tertbak en skep melktertvulsel versigtig bo-oor. Sprinkel fyn kaneel oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos