Mikrogolf Sjokoladekoek

Sif saam in mengbak: 250 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, knippie sout, 45 ml kakaopoeier,  Roer 250 ml suiker by. Klits saam: 2 eiers, 50 ml kookolie, 5 ml vanillageursel en 200 ml kookwater.  Klits by droë bestandele. Gooi uit in goed gesmeerde mikrogolfoond bak.  Plaas in mikrogolfoond en bak vir 8 minute op hoog. Laat staan vir 2 minute en keer uit op afkoelrakkie. Koel heeltemal af en versier soos verkies.

 

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos