Mikrogolf Sjokoladekoek

Sif in mengbak: 250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier, 250 ml suiker, 45 ml kakaopoeier, 1/4 t sout.  Klits saam; 2 eiers, 50 ml kookolie, 5 ml vanillageursel en 200 ml warm water.   Klits stadig by droë bestandele tot gemeng en skep in gesmeerde mikrogolf ringpan.   Plaas in mikrogolfoond op hoog vir 7 minute.  Laat staan vir 3 minute.  Keer uit op afkoelrak.   Smeer met sjokoladeversiersel of karamelk kondensmelk.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos