Milo Kaaskoek

Maak tertkors van 1 pakkie, fyner gerolde choc crust koekies en 1 E gesmelte margarine. Druk vas in tertbak/losboom pan.     Vulsel: Klits 2 houers [ 250 gr elk] room-maaskaas en 1 blik kondensmelk saam. Roer 20 ml gelatine in 30 ml koue water en roer by 100 ml kookwater. Roer tot opgelos.  Roer by maaskaasmengsel. Klits 250 ml room styf em roer  250 ml milo en knippie sout by. Vou mengsels  bymekaar in.  Skep op tertkors en plaas in yskas. Sprinkel gekapte sjokolade/milo/kakaopoeier oor voor opdien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos