Milo Malvapoeding

Oond 180 gr C.   Klits saam: 250 ml suiker,  20 ml sagte botter en 1 eier. Meng 275 ml bruismeel,  1/4 t sout, 100 ml milo en 1/2 t koeksoda saam. Meng 250 ml melk en 10 ml vanilla saam. Voeg meelmengsel om beurt met melk by eiermengsel.. Roer 2 t asyn by.  Skep in gesmeerde oondbak.   Bak 30-40 minute tot gaar.   Sous: Voeg bymekaar in ‘n kastrol: 100 gr melksjokolade, 125 ml room, 160 ml melk, 30 ml botter,  en knippie sout.  Roer op medium-hitte tot gesmelt. Roer 80 ml milo-poeier by. Gooi sous bo-oor poeding as dit gaar is.   Bedien met roomys of vla. [foto geleen]

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos