Milo Malvapoeding

Oond 180 gr C.    Klits saam: 250 ml suiker, 20 ml sagte margarine en 1 eier.  Meng 275 ml bruismeel, 1 t koeksoda 100 ml milo poeier en 1/4 t sout bymekaar. Roer by eiermengsel gevolg met 1 k karringmelk, 2 t asyn en 2 t vanillageursel. Skep in gesmeerde diep oondbak. Bak 30-40 minute tot gaar.   Kook intussen vlg bestandele vir sous;       Smelt in kastrol…. 100 gr sjokolade, 125 ml room, 160 ml melk, 30 ml margarine, 80 ml milopoeier en knippie sout.   As poeding gaar is, haal uit oond en steek gaartjies met vurk in .  en gooi sous versigtig oor.   Bedien met vanilla roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos