Milo Malvapoeding

Oond 180 gr C.   Klits saam: 250 bruinsuiker, 20 ml sagte botter, en 1 eier. Meng 375 ml bruismeel, 1 t koeksoda , 100 ml milo poeier en knypie sout saam. Meng 1 k karringmelk, 2 t asyn en 2 t vanilla essens saam en vou om beurt met meelmengsel by eiermengsel Skep in gesmeerde, diep oonbak en bak vir 30-40 minute.   As gaar, gooi vlg sous bo-oor.  Sous: In kastrol: 100 gr sjokolade, 125 ml room, 160 ml melk, 30 ml botter en 80 gr milopoeier.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos