Mosbolletjies

In mengbak: 7×250 ml koekmeel, 1 t sout, 125 ml suiker, 1 pakkie kitsgis en 3 t anys saadjies.  Smelt 100 gr margarine in  250 ml wit druiwesap. Moenie kook nie. Voeg by meelmengsel saam met 125 ml lou-warm melk en 250 ml lou-warm water. Maak aan tot sagte deeg en knie vir 10 minute. Laat rys tot dubbel-hoeveelheid deeg. Knie plat. Oond : 180 gr C.  Maak bolletjies en pak in 2 gesmeerde, medium, oondpanne. Laat rys panne vol en bak vir 40-45 minute tot gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos