Tot Sy eer.
Search

Mosterd Groenbone

Kook 2 kg gesnyde groenbone in water, nie papsag, en dreineer. Gooi 4 groot uie, in ringe gesny, in kookwater vir 5 minute en dreineer. Voeg bone en uie in kastrol en voeg vlg sous by: Roer in groot beker saam: 3 k wit asyn, 2 en halwe k suiker, halwe t sout, halwe k maizena en 2 -3 E droƫ mosterdpoeier, Roer alle klontjies uit en roer by groenbone. Kook vir 3 minute saam. Bottel warm, in gesteriliseerde botteltjies. Koel af en draai deksels op. Plak etikette op. Laat staan vir 2 weke voor gebruik.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos