Muesli Koekies [Gesonde Koekies]

Oond 180 gr C. Klits vlg saam in mengbak: 125 gr sagte margarine, 125 ml suiker, 5 ml vanillageursel, 45 ml gouestroop en 1 eier.   Sif saam: 375 ml bruismeel en 1/4 t sout. Roer by bottermengsel. Roer 375 ml muesli by en ook gekapte neute indien verkies.    Rol bolletjies en pak op gevoerde, gesmeerde bakplaat.    Druk effe platter en bak vir 20minute tot goudbruin. Koel af op afkoelrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos