Tot Sy eer.
Search

Neutebrood (28/06/2017)

250g/500ml Koekmeel

20ml bakpoeier

5ml sout

125ml suiker

50ml sagte botter of margarien

1 eier

250ml melk

100g/250ml okkerneute,gekap

125ml glanskersies,gekap

Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n broodpan goed met boter of margarien. Sif die koekmeel, bakpoeier,sout en suiker saam. Vryf die botter of margarien met  die vingerpunte in die meelmengsel tot krummerig. Klits die eier en melk saam en voeg by die meelmengsel. Meng goed. Voeg die okkerneute en kersies by en meng. Skep die beslag in die broodpan en bak ongeveer 40 minute tot ligbruin en gaar. Laat die brood goed afkoel en sny in skywe.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos