Nutty-Wheat Appel-frummel-poeding

Meng 1 groot blik tert-appels, 2 E lemoenkonfyt, 80 ml bruinsuiker, 125 ml sultanas, 5 ml fyn kaneel en knippie sout.  Skep in oondvaste tertbak. Bolaag:  Vryf 60 gr margarine in 1 k nutty-wheat, gemeng met 125 ml bruinsuiker. Sprinkel liggies oor appelmengsel. Moenie styf vasdruk nie.  Bak vir 30 minute tot goudbruin. Bedien met roomys of vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos