Tot Sy eer.
Search

Oats Vierkante

Oond 180 gr C.   Meng 500 ml rou oats, 250 ml klapper en 250 ml suiker, 250 bruismeel en 3 ml sout in mengbak.  Smelt 130 gr margarine, 30 ml stroop. Laat effe afkoel en roer 5 ml koeksoda en 25 ml melk by. Voeg stroop mengsel by droë mengsel en meng goed. Druk helfte van mengsel in vierkantige, gevoerde, gesmeerde pan. Smeer moerbei konfyt oor en druk orige mengsel bo-op konfyt. Bak vir 30 minute tot goudbruin. Koel af  en sny versigtig in vierkante en haal uit met eierspaan en koel heeltemal af op draadrakkie.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos