Onderstebo pruim Tert

Oond 180 gr C. Spuit ‘n losboompan. Smelt 60 gr margarine, 200ml bruinsuiker en 2 E goue stroop. Gooi onder-in pan en pak halwe, ontpitte, rooi pruime onder-in, met ronde ruggie na onder. Deeg: Klits saam 100 gr sagte botter, 240 ml suiker en 2 groot eiers saam. Sif 360 ml bruismeel, 1 t fyn kaneel en halwe t fyn nutmeg en halwe t sout saam en roer by eiermengsel. Roer 1 fyn gedrukte ryp piesang by. Skep deeg bo-oor pruime en bak vir 40-45 minute. Koel af in pan en keer uit op bord. Bedien met room

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos