Ongebakte Sjokolade Oats Bondeltjies

Kook saam vir 3 minute:  halwe k botter, 2 k bruin suiker, halwe k melk, 5 t kakaopoeier en knippie sout. Haal van plaat af en voeg by: 3 k rou oats, halwe k klapper, halwe k peanutbotter en 2 t vanilla geursel.  Roer deur en skep bondeltjies met ‘n roomys “scooper” of met gewone eetlepel op gesmeerde waspapier op skinkbord.  Plaas in yskas tot hard en gestol. Pak in lugdigte houer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos