Ongekookte Klapperys

Meng saam in mengbak: 180 ml kondensmelk, 2 k versiersuiker, 2 k klapper en knippie sout, ook 1 t vanillageursel. Deel mengsel in twee. Voeg 2 druppels rooi voedselkleursel by een deel en werk deur met jou hande tot egalige pienk kleur. Druk vas in gesmeerde vierkantige bak. Werk wit mengsel ook deur met jou hande en druk bo-op pienk mengsel vas. Plaas in yskas tot heeltemal styf en sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos