Oondgebakte Hoender

Oond 200 gr C.   Meng saam: 1 k droë krummels, 2 t knoffelsout, 1 t paprika en 30 ml gekapte pietersielie.  Smelt 125 ml margarine in oondbak. Sprinkel 8 stukke hoender liggies met hoenderspeserye. Doop in geklitste eier en dan in krummelmengsel. Pak in bak met gesmelte margarine.  Bak vir 30 minute. Draai hoenderstukke om en bak verder tot goudbruin en gaar.  Bedien met gebakte aartappels en slaaie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos