Oondgebakte Snoek

Voer oondpan uit met tinfoelie. Plaas snoek in pan en sprinkel heel met suurlemoensap.  Sout mildelik as snoek vars is. Maak sous aan van: 2 E mayonaise, 2 E blatjang, 1 t fyn knoffel en 1 E appelkooskonfyt. Roer goed deur en smeer oor snoek. Bak in oond, 180 gr C tot gaar.  30-40 minute. Eet met patat en brood met korrelkonfyt.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos