Ouma se Sjokolade Sheetcake

Oond 180 gr C.

Alle droë bestandele in ‘n mengbak: 2 k suiker, 1 t fyn kaneel, 1/4 t sout, 2 k koekmeel, 4 t bakpoeier.   In kastrol, verhit vlg: 200 gr margarine, 1 k water en 1/4 k kakaopoeier.  Roer tot gesmelt.  Haal van hitte en roer by droë bestandele. Roer 1/2 k karringmelk, 1 t vanillageursel en 2 geklitste eiers by.   Gooi in gevoerde, gesmeerde plaatkoek pan en bak vir 30 minute tot gaar.    Keer uit op afkoel rakkie en versier soos verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos