Tot Sy eer.
Search

Outydse sneeupoeding

Kook 4 en halwe koppies water en 2 koppies suiker saam. Meng 3 opgehoopte E maizena met bietjie water tot gladde pasta. Roer by kookwater met draadklitser. Haal van hitte en laat effe afkoel. Voeg nou halwe t wynsteensuur by, as nie suur genoeg, voeg nog by.  Klits 3 eierwitte styf en vou by maizena mengsel en ook knippie sout. Skep in glasbak. Bedien met verskillende kleure jellie en dun vla.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos