Outydse Soetkoekies

Oond 200 gr C.      Sif saam in ‘n mengbak: 8 k koekmeel, 1 en halwe t koeksoda, half t sout. 2 t fyn kaneel, half t fyn naeltjies, Voeg 2 k suiker by en vryf halwe k sagte margarine en halwe k sagte vet in. Klits 2eiers en halwe k soetwyn en maak deeg aan. Laat staan vir een uur. Rol uit en druk ronde koekies af en plaas op gesmeerde bakplaat. Bak vir 15-20 minute tot gaar.  Koel af op afkoelrakkie en bêre in lugdigte blik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos