Outydse Vla-Tert [Custard Pie]

Alhoewel hierdie resep nie vla inkry nie is word dit vla tert genoem…na die Amerikaanse Custard Pie.      Oond 180 gr C.  Voer tertbak uit met gekoopte broskorsdeeg en bak blind vir 10 minute of gebruik klaargebakte kors.    Klits saam: 3 eiers, 1/2 k suiker 1/4 t sout en 1/2 t fyn neutmuskaat.  Klits 2 2/3 k volroommelk en 2 t vanillageursel by. Gooi versigtig in tertkors. Sprinkel nog fyn neutmuskaat oor. Bak 40-45 minute. Tert moet nog effe drillerig in middel wees. Koel af en geniet.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos